|
|
Twee busse, 10 bands en 'n honderd musiekondersteunende, avontoerlustige seerowers. Beer Adriaanse van Zinkplaat doen verslag vanuit die oog van die storm.
|
|
|
Die vierde Avontoer klink woes-lekker. Lees Beer Adriaanse se tweede aflewering vanuit die voorste linie.
|
|
|
Hoofkwartier en toekomsplanne. Seerowers vir altyd!
|
|
|
My kaal skouers kleef aan die bus se vloer vas. Ek dra al vir drie dae lank dieselfde vroueslanerfrokkie wat presies gemaak is om nie my skouers te bedek nie. Ek weet nie of die sweet of die sout of die wyn die taaiste is nie, maar saam maak hulle `n hoogs effekte gom.
|
|
|
Vir die eerste paar uur van 2010 vind ek myself deel van twee langwerpige partytjies wat teen 130 km/h mekaar die stryd aansê.
|