Dit het begin met 'n boodskap van 'n kollega dat hy nie die bohaai oor Jack Parow en Afrikaanse rap kan verstaan nie.
Jy sal nie verstaan nie, het ek laat weet, it's a white thing. Die ironie sal nie verlore wees vir enigeen wat die jare lange debat oor rap volg nie.
Eerstens: Rap is daardie musiek wat jy hoor as jy intrek langs 'n Vlakte-taxi waarin 'n klomp koppe met sonbrille sit en bop onder bofbalpette wat laag oor die oë getrek is terwyl die hele kar geskud word deur die oorverdowende lawaai daarbinne.
In 'n gesprek Vrydag op die trappe met Mr. Volume, eertydse ou grote van die Gereformeerde Blues Band, oor die ongekende sukses van Jack Parow en 'n groep soos Die Antwoord, kom, wel, die antwoord .. dis lekker zef.
Lees Willem Pretorius se volledige take op Jack Parow hier. En ja, Willem is omtrent so oud soos jou pa.