www.jip.co.za

Xeno nie ’n fobie nie

'n Bietjie roomys en avo het niemand nog ooit enige skade gedoen nie, reg?

En nee, dit is nie net wildvreemde swanger tannies wat sulke vreemde konkoksies aandurf nie. Ook nie net Hilda van ons gunsteling-laan nie.
Ek is self verslaaf aan xenomanie (say-what?). Die eienaardige, abnormale - onbekende. Wie wil nou vreemde volksdanse in die strate gaan gooi oor "xenofobie" as jy die xeno kan gaan verken.

Verbeel jou jy vermy en breek weg van die clichés van die gewone en lewe met 'n edge - 'n spark . . .

Gaan verken die onbekende in jou eie land en sien 'n heeltemal ander kant!

Gesels met die bergies wat in die Kaapse strate rondloop oor die sokkerpolitiek van ons gesogte land. Drink jou water onderstebo en loop op die "maan". Gaan bos in die stad! Hoekom sal jy in die see gaan swem as jy in die reën kan dans?

Verlede week het ek gaan inkopies doen in die Johannesburgse middestad. En daar tussen die strate en strate vol
winkels, vind ek 'n Guess-jean vir R30 en ervaar nog 'n avontuur daarby. Dit was egter nie die enigste bargain wat my getref het nie, ek is lobola aangebied van $5 000 000 (Zim-dollar). Ek wonder wat die wisselkoers nou is?

Het jy al ooit anders na iets of iemand gekyk? Gewonder hoekom gom nie aan die binnekant van die buis vassit nie, en hoekom die lug nie groen kan wees en die gras blou nie?

Wie dink al ons straatname uit en hoekom moet dit so gereeld verander?

Dit is nie asof ek my naam ná elke verkiesing gaan verander nie . . . Emma - Estelle - Christelle en vandag Christal.
Ons land en ons wêreld sal vreemd vir ons bly totdat ons dit nie gaan verken nie.

Ons tieners het absoluut xeno geword teen spéél. Lê op die gras en vat happies van die maan. Knip die wolke uit in dierefigure en doen'n handstand (terwyl jy nog kan). En lag soveel as wat tyd jou toelaat.

Hier kan jou xeno-storie begin by die vreemde meisie.
Maar vir nou eindig myne op 'n dak met my bitter koffie terwyl ek die wonderlike besoedelde lug van Sandton verken.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.