www.jip.co.za

Wurgspeletjies gewild onder tieners

Al meer tieners neem deel aan 'n gevaarlike speletjie wat tot hul dood kan lei.

Die wurgspeletjie (alombekend as The Choking Game), is ook bekend as die "vyf minute van hemel"-speletjie en volgens 'n nuwe studie wat deur Sam Houston State University gedoen is, is dit wydverspreid onder tieners.

Dit kan alleen of in groepe gespeel word en behels dat die bloedvloei deur middel van verwurging van die brein afgesny word om só hoog te word.

Nagenoeg een in elke sewe tieners wat aan die studie deelgeneem het, het al aan wurgspeletjies deelgeneem.

Volgens een van die navorsers, Glen Kercher, is die studie gedoen om vas te stel wie dit speel, in watter konteks en hoe hulle daarvan gehoor het.

Onder die bevindinge van die studie tel:


- 16% van tieners het al aan die speletjie deelgeneem


- 72% het al meer as een keer dit gespeel


- 90% van diegene wat dit al gespeel het, het van dit by hul vriende gehoor

- Die gemiddelde ouderdom van tieners wat dit al gespeel het, is 14.

Kercher sê hulle hoop die navorsing sal ouers, skole en tieners waarsku oor die gevare van die speletjie.  - The Houstonian

Sien ook:
Dodelike speletjies


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.