www.jip.co.za

Willim Welsyn gesels met THE GODS

Ek het nog nooit 'n Suid-Afrikaanse groep teëgekom wie se resep so goed op papier lyk soos dié ouens s'n nie.

Die band:
THE GODS is saamgestel uit van Suid-Afrika se gewildste groepe. Die kitaarspeler Albert Frost het vir die Blues Broers en New Porn gespeel en het al verhoë gedeel met ouens soos The Rolling Stones, Bruce Springsteen, R.E.M. en Neil Young. Die tromspeler Francois Kruger was die enjin vir die Springbok Nude Girls, Parri Lückhoff was Billygoat se sanger, en die baskitaarspeler Schalk van der Merwe het sy vaardigheid geslyp in Delta Blue en die rockfees-gunsteling Bed on Bricks.

Hoe het julle op die naam THE GODS besluit?
Schalk: Ek en Parri het gesels oor wat ons hierdie almagtige projek wil noem. Ons het iets kort en kragtig in gedagte gehad. Ons wou eers die band na Albert se solo-album Devils and Gods noem, maar omdat Suid-Afrika so konserwatief is, het ons toe op THE GODS ge-settle . . .
Parri : Hy spot sommer. Dis net blote toeval.

Wie skryf die musiek en lirieke?
Albert: Schalk en Parri skryf die woorde en ons almal werk aan die musiek.
Parri : Francois sorg vir die meeste van die orde en arrangements.

Wanneer kan ons 'n album verwag, en hoe gaan julle die verspreiding benader?
Albert: Ons gaan dit in 2010 record.
Parri: Aangesien Suid-Afrika se broad­band so stadig is, was ons die enigste land wat laas jaar groei getoon het met CD-verkope. Ons album sal op die web beskikbaar wees, en CD's sal eksklusief wees. Ons wil nie eintlik die plastiek-ding doen nie. Goed moet oor en oor gebruik word, anders dra dit by tot besoedeling.

Julle is al vier in jul dertigerjare. Hoe gaan julle die jongklomp se harte wen? En hoe voel julle oor gewildheid en geld?
Francois: Ek is 35 en maak al 17 jaar musiek. I don't give a sh*t oor die regte jeans en haarstyle. Ek is al só lank platsak dat ek nie eens meer omgee hoeveel geld ons maak nie.
Schalk: Vir ons is dit all about the songs. Ouderdom is irrelevant. Ons weet nie hoe om popular te wees nie.

- Kyk uit vir hulle by die Up the Creek-fees in Swellendam.


- En check 'n video hier.


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.