Klink dit verregaande? Wel, volgens 'n onlangse studie kan mans dieselfde euforie ervaar wanneer hulle na 'n vrou met mooi kurwes kyk as wanneer hulle dwelms gebruik of alkohol inneem.
Volgens navorsers kan dié bevinding help verduidelik waarom sommige mans so opgeneem is in pornografie.
In die studie is mans gevra om te sê hoe aantreklik vroue is voordat hulle chirurgie ondergaan het om hul kurwes meer of groter te maak.
Die resultaat: Skanderings van die mans se breine het gewys dat die dele van die brein wat geassosieer word met reaksies tot alkohol en dwelms, deur die vroue se post-chirurgie kurwes geaktiveer is. Die deel van die brein hou ook verband met die gevoel van 'n prys ontvang, lui die studie.
Een kenner meen die resultaat is aanduidend van kwessies te doen met vrugbaarheid.
Lees die volledige berig hier.