THE WORLD UNSEEN
The World Unseen speel tydens die apartheidsera in Suid-Afrika af.
Dit handel oor twee vroue wat op mekaar verlief raak, maar een van hulle is wit en die ander 'n Indiër.
Dit is 'n baie interessante blik op 'n onderwerp wat 'n mens nie aldag sien nie. Kyk uit vir 'n paar bekende gesigte in die fliek.
Webtuiste: www.theworldunseenmovie.com
DRAG ME TO HELL
Christine het 'n baie nice lewe en werk in 'n bank. Maar wanneer sy eendag weier om aan 'n bejaarde vrou 'n lening te gee, loop dinge lelik skeef.
Die tante is so kwaad daaroor dat sy sommer 'n vloek oor Christine uitspreek - een wat haar letterlik binne drie dae in die hel laat beland!
Webtuiste: www.dragmetohell.net
THE PROPOSAL
Arme Sandra Bullock probeer haar bes met al die flieks waarin sy speel, maar kry net nie altyd 'n wenner nie.
Gelukkig is die prettige The Proposal, waarin sy teenoor Ryan Reynolds speel, uitstekend en die volmaakte romantiese komedie.
Webtuiste: theproposal.movies.go.com
TRANSFORMERS: THE REVENGE OF THE FALLEN
Sam Witwicky is al weer in die pekel - hierdie keer wanneer motorrobotte uit die ruimte beplan om hom te ontvoer. Gelukkig is Optimus Prime daar om hom uit te help. Hope aksie en robotte wat veg.
Webtuiste: www.transformersmovie.com
STAR TREK XI
Ek is glad nie 'n Trekkie nie, kan nie Klingon praat nie en weet nie wat 'n Borg is nie. Ek kan jou dus ongelukkig nie veel vertel van die nuwe Star Trek-fliek nie - jammer! Ek verneem wel dit gaan oor die eerste ontmoeting tussen James T. Kirk en Spock.
Webtuiste: www.startrekmovie.com
THE COUNTERFEITERS
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is 'n paar Jode gevra om geld te vervals - die Nazi's wou dit gebruik om Brittanje se geldeenheid te verlam.
In ruil daarvoor sou dié Jode 'n beter tyd in die konsentrasiekampe geniet as die res.
Webtuiste: www.sonyclassics.com/thecounterfeiters
LAND OF THE LOST
Dr. Rick Marshall, 'n argeoloog, word saam met sy assistent deur 'n draaikolk ingesluk en na 'n ander land vervoer. Daar vind hulle dit propvol monsters uit die antieke tyd en moet hulle behoorlik hardloop om te oorleef!
Webtuiste: www.landofthelost.net
G-FORCE
'n Spesiale groep marmotte, wat deur die Amerikaanse regering spesiaal opgelei is vir oorlog, word ingespan om die wêreld van 'n geldgierige biljoenêr te red.
Die spesiale effekte in hierdie fliek is baie goed en die marmotte baie oulik!
Webtuiste: disneydvd.disney.go.com/g-force.html
THE ROAD TO VICTORY
As jy net so rugbymal soos die res van die land is, sal jy van hierdie DVD hou . . . veral as jy 'n Blou Bul-ondersteuner is!
Hierop deel hulle hul oefenprogramme, strategieë en meer oor die laaste paar jaar.
'n Moét vir enige Blou Bul-ondersteuner en 'n goeie Kersgeskenk!
Webtuiste: Nie beskikbaar.
CURIOUS GEORGE: FOLLOW THAT MONKEY
Ou George is weer terug - hierdie keer besoek hy 'n sirkus en maak daar vriende met 'n baba-olifant genaamd Kayla.
Webtuiste: Nie beskikbaar.