www.jip.co.za

Tribute aan Bryan Adams

EK dink nie ek was die enigste een wat ná K2 se vertoning Tribute to Bryan Adams met 'n breë glimlag uitgestap het nie.


Dié afgelope show by die Windmill-casino-en-vermaaklikheidsentrum in Bloemfontein was werklik die woord tribute werd.

Toe Kabous Wessels met daardie eerste paar note van Run to you losgetrek het, het 'n mens geweet: Hier kom 'n great show. Die aand se vertoning het uit 'n klomp Bryan Adams-gunstelinge bestaan: onder meer Cloud no.9, The only thing that looks good on me (is you), Back to you, Have you ever realle loved a woman? . . . 'n ware fees vir aanhangers.

Die band was werklik tight en hopelik hoor ons in die toekoms nog baie van dié talentvolle ouens.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.