Tieners, dwelms en drank. Partytjiemaats of nie? JIP het by 'n paar tieners (almal tussen die ouderdom van 15-17) gaan uitvind. Lees Maandag in JIP die volledige berig waar Corlia Goosen met 'n voormalige dwelmverslaafde praat en ons nog tieners nader oor of hulle dwelms en drank gebruik en wat hulle dink daarvan.
Laat weet ons ook wat jy dink.
Hier is solank wat ses tieners te sê het:
Ouderdom
1.16
2.15
3.17
4.16
5.15
6.17
Gebruik jy sigarette, drank of dwelms? (watter gebruik jy?)
1. Ja, drank en sigarette
2. Drank
3. Dagga en drank
4. Sigarette
5. Drank
6. Sigarette en drank
Hoe lank gebruik jy dit al en hoekom? (Is jy byvoorbeeld ‘n baie skaam persoon en dit laat jou meer spontaan optree?)
1. Ek rook al vir 6 maande en drink al vir omtrent n jaar. Ek doen dit want almal doen dit.
2. +/- n jaar
3. 4 maande, al my vriende in die koshuis rook dagga
4. 2 jaar, dit het begin as n grap saam my ouer broer en sy vriende
5. Soms by spesiale geleenthede vanaf 2005
6. Van die Desember vakansie af
Wat is die dwelm se uitwerking op jou? (hoe laat dit jou voel?)
1. Die sigarette laat my soms vuil voel, maar die drank laat my lekker voel.
2. Dit voel asof ek vir daardie oomblik nie probleme het nie.
3. Dit het n lekker high gevoel
4. Dit laat my ophou stres
5. Ek voel lewendig
6. Gee jou 'n babelas en ek voel lekker
Weet jou ouers?
1. Ek hoop nie so nie
2. Hulle weet ek drink, maar nie dat ek soms baie dronk word nie.
3. Nee
4. Ja
5. Ja, ek drink soms saam met hulle
6. Nee
Het jou dwelm/drank gebruik na ‘n tydperk na iets sterker gelei ( byvoorbeeld van dagga na tik)
1. Nee
2. Nee
3. Eenkeer
4. Nee
5. Ja, wanneer ek dronk is rook ek ook soms
6. Nee
Waar kry jy dit?
1. My vriende
2. My vriend
3. Die koshuis vriende
4. My broer
5. Koop dit met my sakgeld
6. By die winkel
Hoe het jy daarvan uitgevind?
1. n Vriend het dit vir my aangebied.
2. Die partytjies
3. Deur my broer
4. My ouer broer en sy vriende
5. My vriende en susters gebruik dit
6. My vriende
Hoe baie van jou vriende gebruik dit?
1. Omtrent almal
2. Almal wat ek ken
3. n Paar van my vriende
4. Net n paar
5. Omtrent 90%
6. Baie
Het jy al probeer ophou en wil jy ophou?
1. Ja ek het al probeer ophou en ek wil graag, maar dit is moeilik.
2. Ja ek het al, maar ek wil nie graag ophou nie
3. Ja, maar as jy eers begin kan jy nie ophou nie
4. Ja, maar ek kan nie ophou nie
5. Ja, maar ek wil nie meer ophou nie
6. Ja en ja, want dit is ongesond