www.jip.co.za

Sprokies met ’n stert

Hierdie is die tweede laaste redakteursbrief uit my pen hierdie jaar, so ek gaan my beste gee, as daar nog enige kreatiewe juice in hierdie leë glas oor is.

Gister ry ek en een van my kollegas om The Princess and the Frog te gaan sien.
Op pad daarheen is al waarna ek kan luister The Killers se A Dustland Fairytale. Sien, ek glo nie regtig aan fairytales met gelukkige eindes nie. Dit laat 'n kind lugkastele bou en later besef hy/sy: "Haai, maar hulle het die hele tyd vir my gelieg."

Aanvanklik het ek gedink hierdie song gaan oor 'n buitestander wat 'n blik kry op 'n meisie wat vir haar ridder wag en die lewe wat hy haar gaan gee. En hy sien hier kom 'n crash. Te boring.
Maar as jy eers agter die kap van die byl kom, gaan die song oor die lead singer, Brandon Flowers, se ma en pa. Dit vertel hoe Flowers se ouers mekaar op 15-jarige ouderdom in 'n woonwapark ontmoet het.

Nou het Flowers se ma kanker en die lirieke verklap meer:
"Now cinderella don't you go to sleep / It's such a bitter form of refuge / Ahh don't you know the kingdoms under siege / And everybody needs you / Is there still magic in the midnight sun / Or did you leave it back in sixty-one / In the cadence in the young man's eyes / And where the dreams roll high."

En hier kom my trane ...

Só kyk ons toe dié fliek waarin gewone animasie-storielyne oorvleuel, selfs so dat 'n arm swart meisie van New Orleans met baie drome die padda uit haar eie soen om saam in paddaland te bly. Die hele rags to riches-tema is weer daar.
Maar ná die tyd dink ek dat al die temas van sprokies wel daagliks bewaarheid word, maar met 'n twist. "They lived happily ever after turned out to be too long."

En jy kry dalk jou prins of prinses, dalk jou padda, of dalk 'n muis.
Groete, Marzahn


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.