www.jip.co.za

Sing met jou longe

Florence and the Machine
Album: Lungs

As jy al die fliek Jennifer's Body gesien het, het jy al Florence and the Machine se "Kiss with a Fist", wat op die klankbaan is, gehoor.
Die liedjie pryk ook op die album Lungs, die awesome debuut-album van dié alternatiewe groep.

Die groep, met Florence Welch as die sanger, het vanjaar die Brit Award vir die beste Britse album gekry. Luister jy na Lungs, verstaan jy maar alte goed hoekom.

Luister na "Howl", "Dog Days Are Over" en "You've Got the Love" - die album is propvol indrukwekkende snitte soos hierdie. Dit bewys net weer: As jy goeie vocals saam met goeie musiek aanbied, kan jy nie 'n fout maak nie.

Lees meer oor hulle hier.

As jy hiervan gehou het, kan jy ook na Hardships! van Jenny Wilson luister.

Dit is dié Sweedse sanger se tweede solo-album, met 'n interessante vibe. "Like a Fading Rainbow" en "Anchor Made of Gold" is van die snitte wat uitstaan. Soms is dit ook 'n bietjie trippy, soos met "The Wooden Chair". Vervelig is dit beslis nie.

Luister hier na van Jenny se songs.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.