www.jip.co.za

Simon Cowell maak reg om Idols vaarwel te roep

Hy het begin as "Mr. Nasty" maar nou is een van die mees geliefde (en rykste) sterre van Amerikaanse popkultuur, verantwoordelik vir een een van die gewildste realiteitsreekse ooit.


Simon Cowell roep "American Idol" vaarwel volgende week, wanneer die negende seisoen sy wenner kies. Hy laat baie groot skoene agter, veral omdat hy 'n groot rol daarin gespeel het om dit Amerika se mees gekykte program te maak.


Einde van 'n era? Beslis. Maar hy is ook binnekort terug in 'n soortgelyke realiteitsreeks in 2011, berig Reuters.


In 'n autobiografie wat in 2003 gepubliseer is, "I Don't Mean to Be Rude, But...," sê Cowell hy het sy eerste belediging op die ouderdom van vier toegedien.

Wie hom gaan vervang is nog onbeslis...Wie sou jy in Simon se stoel wou sien?


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.