www.jip.co.za

Schoonspruit Volkswagendag 'n sukses

Die Volkswagendag wat op 3 Maart op SHS se velde plaasgevind het was ʼn reuse-sukses.

Die eerste spanne van baie verskeie skole het mee -geding vir die beker aan die einde van die aand in netbal, rugby en hokkie.

Die uitslae is as volg:
Netbal: SHS speel in die finaal teen Afrikaans Hoёr Kroonstad en SHS verloor 6-8 Die wenners by die netbal was Afrikaans Hoёr Kroonstad

Rugby: Daar was ʼn beker vir die skool met die mees aanskoulikste rugby en die wenners was Fochville- hul was gekies deur Luiperd spellers wat die beoordeling gedoen het daardie aand.

Hokkie: Die hokkie was ʼn naby stryd tussen KHS en St.Conrad`s en KHS stap weg met die beker van Volkswagen wenners en wen dus 1-0.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.