www.jip.co.za

Sandra kry interdik teen bekruiper

Die aktrise Sandra Bullock het 'n tydelike inderdik bekom teen 'n man wat haar sedert 2003 bekruip, berig die BBC.


Thomas James Weldon is beveel om nie die 45-jarige aktrise by enige van haar huise of rolprentstelle te kontak nie.


'n Verdere verhoor sal op 6 Augustus plaasvind.


'n Vorige interdink wat in 2003 bekom is, was slegs geldig tot 2009.


Weldon word daarvan beskuldig dat hy Bullock herhaaldelik probeer kontak en haar agtervolg in 'n poging om haar te ontmoet.


Volgens hofdokumente het Bullock nog nooit die man ontmoet nie. – Nuus24


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.