Dit was tot dusver 'n bitter tawwe jaar vir Sandra Bullock, maar een ligpunt is dat sy pas as die aktrise aangewys is wat die meeste geld die afgelope jaar verdien het.
Sy het sowat $56 miljoen verdien van slegs twee rolprente, "The Proposal" en "The Blind Side".
Kort op haar hakke was Reese Witherspoon en Cameron Diaz, wat albei $32 miljoen ingevorder het. Jennifer Aniston is vierde met $27 miljoen, en "Sex and the City" se Sarah Jessica Parker het die top-vyf afgerond met haar $25 miljoen verdienste.