www.jip.co.za

Sandra Bullock vir eers klaar met moewies

Sandra Bullock het bevestig sy beplan om ‘n blaaskans te neem., berig IMDb.


Die Oscar-bekroonde aktrise wil nou eers fokus op haar aangenome seun nadat haar huwelik met haar man Jesse James verbrokkel het


Vroeër vanjaar het Bullock bekend gemaak dat sy vir ‘n hele paar rolle nee gesê het, omdat sy eers wou wag tot ná die Oscar-toekenningsaand in Maart, voor sy enige verdere besluite neem.


Sy het nou egter bevestig dat sy nie meer rolprente in die nabye toekoms gaan maak nie.


"Ek wil dit geniet om ‘n ma te wees, en al die dinge te doen wat mammas doen. My loopbaan sal vir eers moet wag," het sy gesê.


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.