Sandra Bullock het tydens haar eerste openbare verskyning Saterdagaand sedert haar man se herhaalde ontrouheid op die lappe gekom het, haar persoonlike lewe 'n "ontploffing" genoem.
Sandra het die toekenning vir die vermaaklikheidster van die jaar by die Spike TV's Guys Choice Awards ontvang.
Reuters berig die aktrise, wat dikwels as Amerika se "sweetheart" gedoop is, 'n staande applous ontvang het. Sy het ook vir die grap vir Scarlett Johannson gesoen! Sy was Sondag ook by die MTV Movie Awards.
Sien ook:
Sandra gaan skei