www.jip.co.za

Romeo & Juliet kry nuwe lewe op Twitter

Romeo, Romeo, where art thou Romeo? Wel, Romeo en sy Juliet is nou op Twitter.

Shakespeare se romantiese storie kry 'n 21ste eeuse herlewing in 'n nuwe weergawe wat bietjie vir bietjie op Twitter en 'n kanaal op YouTube sal ontvou.

Hierdie nuwe weergawe sal "Such Tweet Sorrow" heet en is losweg gegrond op die oorspronklike storie. Die storie word verder uitgebrei deur tweets wat reeds op die webwerf www.suchtweetsorrow.com verskyn het. Die akteurs skryf hul eie teks by wyse van tweets.

Die doel hiervan is glo om meer mense te leer van Shakespeare se werke en akteurs en gehore nader aan mekaar te bring.

Lees die volledige berig hier.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.