Die stel van die nuwe Harry Potter fliek, "Harry Potter and the Deathly Hallows", het Vrydagaand aan die brand geslaan.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Volgens E!Online is die brand veroorsaak deur 'n groot special effects, maar kon hulle darem vinnig die vlamme onder bedwang bring.
Die skade beloop na raming sowat $150 000.