www.jip.co.za

Roei, roei, roei daai boot!

Die Oos-Kaapse roeiers het die eerste regatta van 2010 laat spaander op water in Oos-London met hul bote en roeispanne. Agt klubs in die Oos Kaap-streek het deelgeneem aan die roeikompetisie verlede Saterdag op die Buffalorivier in Oos-London.

Die volgende skole en klubs het deelgeneem:
Hoerskool Grey, St. Andrews, Selborne College, DSG, Claredon, Nemato-klub, Leander-klub en die Zwartkops-roeiklub.

Die strawwe kompetisie se afstande het gevarieër tussen 2km, 1,5km, 1km en 500 m. Die afstand van 500 m was vir die die 14 nuwe roeiers wat vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem het.

Die Hoërskool Grey se o.15 roeispanne het weereens geseëvier op die water en die seisoen op n hoë noot afgeskop om al agt items in te palm. Die res van die Grey-roeiers het ook goed gevaar deur 20 uit die 37 items te wen.

Hoërskool Selborne College het weer om die o.19-afdeling gewys wie is baas. Van die 13 items het Selborne ses gewen. Grey het in dié kategorie vyf items gewen en St Andrews en Nemato elk een item.

St Andrews College se o.14's het ook hul staal goed getoon as nuwelinge op die gebied en het drie items gewen met hul o.16's wat ook drie items gewen het.

Claredon Meisiesskool in Oos-London het weereens gewys hulle is een van die top-spanne en het 15 items gewen. DSG het sewe items gewen en Zwartkops twee. 

Hou JIP dop vir uitslae en nuus van die Suid-Afrikaanse Skole-roeikompetisie wat einde Februarie plaasvind.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.