www.jip.co.za

Rockspaaider-finaliste op die 3-dae-toer

JIP- en MK-Rockspaaider se drie finaliste - Countdown to the Red Carpet, Skadu van Sekerheid en die wildcard, Alleen na Desember, was op toer na Bloemfontein, Potchefstroom en Centurion.

Hierdie was 'n ervaring van 'n leeftyd, want niemand anders as Straatligkinders en éF-éL het saam met hulle getoer en die verhoog gedeel nie. Tog het die toer nie net gigs behels nie. Dié bands moes die wenke wat hulle by die bootcamp gekry het inspan om hulself te bemark. Want verskeie radio- en koerantjoernaliste het hulle gepeper met vrae oor hul band se totstandkoming, die Rockspaaider-kompetisie en waar hulle hulself eendag in die bedryf sien.

Boonop het hulle die geleentheid gekry om voor 'n klub-crowd te gig in venues soos die Mistic Boer (Bloemfontein), Pablo's (Potchefstroom) en die Firkin (Centurion).

Tydens dié toer, moes die vyf beoordeelaars besluit watter bands die beste performances gelewer het, wie se verhoogpersoonlikheid die beste en wie se tegniese vaardighede goed geslyp was. Maar ons kan nie nou die aap uit die mou laat nie, kyk na dié episode Woensdag op MK om 20:30.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.