Van skinny jeans tot minirompies was te sien by Vrydagaand se Rockspaaider by die Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth. CORLIA GOOSEN het met die deelnemers gesels.
Zondernaam van die Hoërskool Grens.
Die lede: Heinrich Kotze (17, tromme), Francois Zietsman (18, kitaar), Jean du Rand (18, vocals en ritmiese kitaar) en Wessel Myburgh (16, baskitaar en 'n nuwe lid).
Zondernaam is reeds 'n bekende naam onder Rockspaaider-aanhangers. Die band het in 2009 ook aan die kompetisie deelgeneem, maar nie na die tweede ronde deurgedring nie. Vanjaar het die groep egter 'n nuwe lid en is hy vasberade om die top-agt te haal.
"Ons as band het saam mature en baie opgetree en bietjie meer ondervinding opgedoen. Ek voel ‘nnah', want ek het die cool ouens wat saam met my optree." - Heinrich.
Julle klank . . .
Jean, Heinrich, Francois en Wessel se binnegoed. - Jean.
Mars na Harte van die Hoërskool Despatch en die HTS Daniel Pienaar op Despatch en Uitenhage.
Die lede is: Jacques Kruger (16 vandag, ritmiese kitaar), Lindie Erasmus ( 15, vocals), Anrich Boschm (16, tromme) en Divan Swart (15, kitaar)
Wat is die oorheersende tema van julle musiek?
"Liefde, ons klank is baie hard, maar ons woorde is sag." - Anrich.
"Ons musiek is oor experiences in verhoudings en liefde en goed wat al met ons gebeur het. Vry in die bondel bly maar die beste." - Jacques.
Ons Nuwe begin van die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp.
Die lede is: Cara Smith (14, kitaar), Neil Duvenhage ( baskitaar), JJ Pieterse ( 16, tromme), Christiaan Oliphant (13, akoestiese kitaar) en Frikkie Mulder (vocals en kitaar).
JJ beskryf die band as baie na aan mekaar. "Ons is met ons voete op die grond en hou ons koppe in die wolke. Ons bly nederig, maar mik hoog." Frikkie voeg by dat hulle altyd probeer om op die goeie te fokus en net vorentoe te kyk.
Bittersoet September van die Hoërskool Frambesby op PE. Die band het ook verlede jaar aan dié uitdun deelgeneem en vertel dat hulle baie geleer het uit 2009 se uitdunronde en daarop verbeter het.
Die lede is: Bern Bouwer ( 17, tromme), Fanie Niemand ( 18, baskitaar), JP Gerber (19, kitaar) en Jeandré Fourie ( 18, vocals en kitaar).
Oor hulle musiek . . .
"Ek het nog nooit 'n Afrikaanse band gesien wat doen wat ons vanaand gaan probeer nie.
"Ons gaan musiek maak in die lyn van Muse en Kings of Leon. Expect the unexpected" - Jeandré.