Die bands wat Vrydagaand by die Cadillac Teater en Klub deelgeneem het aan die Pretoriase-uitdunne van Rockspaaider, het bewys daar is baie musiektalent agter die boereworsgordyn. Mia Spies en Riëtte Grobler het met die deelnemers gesels.
Mislukte Rebellie
(Hoërskool Eldoraigne & Hoërskool Zwartkop)
Bernard Bester - ritmiese kitaar, sang, skree en agtergrond klank
Christiaan Welman - lead kitaar en agtergrond sang
Tiaan Viljoen - Baskitaar
WJ van den Heever - drummer, perkussie en ander elektroniese klanke
Riëtte: Wat is die betekenis van julle naam?
WJ van den Heever: As jy in die hoërskool kom probeer jy rebelleer teen alles, maar later aanvaar jy maar daar is sekere goed wat jy nooit sal kan verander nie. Van ons groot inspirasies is die legend, Koos Kombuis, wat ook oor dié tipe goed gesing het en natuurlik Fokofpolisiekar.
Riëtte: Watter tipe musiek maak julle en waaroor sing julle?
WJ: Ons maak alternatiewe, progressiewe, melodiese rock en ons liedjies gaan oor dinge wat saak maak. Dinge waarvoor daar 'n rede is om te sing.
Bernard Bester: Ons klank kan nie eintlik vasgepen word nie. Ons word geïnspireer deur die Toffiepop-kultuur en die hele Afrikaanse musiekbedryf. Destyds het sensorskap beteken mense is gekeer om te sing oor die dinge waaroor hulle wou. Maar deesdae leef die local bands hulself heeltemal uit en sing nét waaroor hulle wil.
Riëtte: Wat maak Rockspaaider anders as enige van julle ander gigs?
Bernard: Die professionele klank- en beligting is 'n heel ander storie as iets wat ons al beleef het.
WJ: Op die verhoog, het ek net besef dis wat ek vir die res van my lewe wil doen.
Christiaan Welman: Dis 'n sterk gevoel binne 'n mens ja.
Shades of Grey
(Hoërskool Zwartkop)
Marris Asher - base en lead vocals
David van Niekerk - drummer
Hendrik Kolver - lead kitaar en backing vocals
Riëtte: Hoe het dit gevoel om aan Rockspaaider deel te neem?
Hendrik Kolver: Die ervaring was ongelooflik! Toe ons nog in die crowd was, het ons nogal gestres, maar toe ons op die verhoog klim, was die vibe onbeskryflik.
Riëtte: Waar kom julle naam vandaan?
Maris Asher: Ons speel ook saam in 'n band by ons kerk, Doxa Deo. So ons is Christene in 'n band, maar Shades of Grey is nie 'n gospelband nie. Ons naam beteken ons kan nie in 'n boks gedruk word nie, ons het baie layers. Almal in die band het ook uiteenlopende style, wat goed saamwerk.
Watter een van die liedjies wat julle gesing het, beteken vir julle die meeste?
Maris: Vir my is dit Hardloop. Dit gaan oor iemand wat wil weghardloop omdat die verlede hom jaag en nie wil laat los nie. Soos toe een van ons so twee jaar terug met 'n sigaret gevang is by die skool en mense het nog nie daarvan vergeet nie.
David van Niekerk: Ek hou veral van Onttrek van Realiteit. Ek het dit geskryf oor 'n ou wat in my klas was. Hy het soveel pyn gehad, hy het homself onttrek om niks te voel nie. Ek skryf al die lirieke.
Riëtte: Wie sou elk van julle se perfekte groupie gewees het?
Maris: Die mooiste meisie in die wêreld met die persoonlikheid van Jack Black en so bietjie Francois van Coke daarby.
Too Bright to See
(Hoërskool Waterkloof & Hoërskool Centurion)
Francois de Wit - lead vocals
Corné Nezar - bass kitaar
Ian van der Merwe - drummer
Phillip Badenhorst - kitaar
Marius Schutte - Hoofkitaar en sang
Riëtte: Waaroor gaan julle musiek?
Francois de Wit: Dis Metal Core. Ons maak musiek oor moeilike, swaar tye. Val Weg gaan oor 'n fight binne-in jouself.
Corné Nezar: Ons is nie bereid om te verander nie. Ons hou van die energie van dié tipe musiek.
Marius Schutte: As jy die musiek verstaan, is dit regtig baie mooi.
Riëtte: Francois, is dit harde werk om te kan gil soos jy?
Francois: Toe ek by die band aangesluit het, kon ek dit glad nie doen nie. Toe gaan sit en luister ek na al die bands waarin die leadsingers dit ook doen. Deesdae kry my stem glad nie meer seer nie, want ek skree uit my maag uit, soos 'n mens ook uit jou maag uit moet sing.
Riëtte: Hoe het dit gevoel om aan Rockspaaider deel te neem?
Ian van der Merwe: C'mon - ons het 'n moshpit gehad so dit was amazing!
Marius: Jammer as dit nou arrogant gaan klink of iets, maar dit het net so rég gevoel om op die verhoog te wees.
Saving September
(Lydenburg-studiegroep & Hoërskool Lydenburg)
Malcolm de Jager - lead kitaar
CJ Richard - drummer
Marnus Venter - ritmekitaar en sang
Kamilla Venter - vocals
Riëtte: Is daar 'n diep betekenis agter julle naam?
Marnus Venter: Die naam verwys na die dag tot die Twin Towers in New York geval het. Dit het om die een of ander rede vir ons sin gemaak!
Riëtte: Vertel my van julle ervaring op die Rockspaaider-verhoog?
Malcolm de Jager: My hart het so gespring! Dit was die eerste keer wat ek op 'n stage was vir enig iets!
Riëtte: Hoe lank speel julle al saam?
Marnus: Ons het die band so twee maande gelede gevorm. Almal het musiektalent.
Kamilla Venter: Ek speel al die keyboard vandat ek vyf jaar oud is, maar het die Sondag voor Rockspaaider vir die eerste keer baskitaar begin speel! Ek het nogal gesukkel, maar dis pret.
Vertel my van julle musiek en watter liedjies julle die meeste geniet om te speel?
Marnus: Dis Metal Core met 'n akoestiese touch.
CJ Richard: Blote Woorde is my gunsteling liedjie, want ek kan mal gaan op die tromme!
Riëtte: Waarom het julle ingeskryf vir Rockspaaider?
Marnus: Ek het verlede jaar saam met 'n ander band ingeskryf en omdat ek vanjaar in matriek is, het ek besluit om weer te probeer. Dié is die begin van groot dinge! Een van die dae gaan almal van ons weet.
Die Vingerwys Metode
(Pietersburg Hoërskool)
Lionel Potgieter - vocals
Francois du Toit - drummer
Jurgen Steyn - lead kitaar
Hein Temple - Bass
Riëtte: Waarom het julle vir Rockspaaider ingeskryf en hoe was die ervaring?
Jurgen Steyn: Dit was vir ons belangrik om dié tipe ondervinding op te doen, selfs al wen ons nie, wou ons dit net ervaar!
Lionel Potgieter: Dit was 'n awesome ervaring.
Riëtte: Watter tipe musiek maak julle?
Francois du Toit: Dis anders as iets wat enige iemand anders doen.
Jurgen: ... met so bietjie rock by.
Francois: Ja, maar dis eintlik ons eie sound. Ons wil nie soos enige iemand anders klink nie.
Riëtte: Hoe laat 'n mens 'n band wérk?
Francois: Deur spanwerk en baie passie
Jurgen: Met baie geduld ook. Ek en Lionel is geneig om partykeer bietjie ongeduldig te raak... Gereelde oefening help ook. Ons het tydens die vakansie elke dag geoefen.
Waaroor gaan julle naam?
Francois: Dit gaan daaroor om iemand nie sonder rede die skuld te gee as iets verkeerd loop nie. Iemand in my klas het eendag 'n aardige geluid gemaak. Toe draai die hele klas na my en dink dit was ek! Maar dit was nie...
Riëtte: Hoe het dit gevoel om aan Rockspaaider deel te neem?
Lionel: Dit was baie professioneel. Ons het laas week 'n gig gespeel waar die krag afgegaan het!
Laaste Wals
(Hoërskool Eldoraigne)
Jaco van der Berg: Lead Vocals & Guitars't
Rayno Pieter Spies: Guitars't
Barry John Jacobs: Base Guitar
Richard Pitcher vabn Niekerk: Drummer
Mia: Vertel my van julle naam?
Barry Jacobs: Ons is in matriek en dis nou amper tyd dat 'n mens vir almal moet baai sê en afskeid neem. Dis nou amper matriekafskeid ook en dis die laaste keer wat ons baie mense gaan sien, so ons dink dis 'n baie gepaste, emosionele naam.
Mia: Waarom het julle vir Rockspaaider ingeskryf?
Jaco van den Berg: Dis wat ons nog altyd wou doen, maar my ma het ons ingeskryf nog voordat ons dit self gedoen het. Sjoe, ons was baie bly! Musiek is ons almal se passie en ons het vir drie maande elke dag geoefen. Ons wil dit vir die res van ons lewens doen!
Mia: Hoe maak julle tyd om so baie te oefen?
Richard van Niekerk: Ons skryf nou rekordeksamen en al is dit stresvol om so baie dinge gelyk te doen, help die oefeninge nogal vir die stres!
Mia: Hoe lank is julle al 'n band?
As vriende het ons saam begin oefen en is nou al twee jaar saam as 'n band. Wat op skool begin het as 'n bymekaarkom en kuier-geleentheid het ontwikkel in 'n groot belangstelling in musiek. So het ons band gevorm en gegroei tot waar ons vandag is.
Mia: Beskryf julle klank in een sin.
'n Mens raak weg in die musiek.
Mia: Vertel my een ding oor jouself wat niemand anders weet nie.
Jaco: Ek was bang om voor my ouers te sing!
Rayno Spies: Ek was my hare voordat ek my lyf was.
Richard: Ek vryf my neus as ek stres.
Surrogaat
(Hoërskool Kempton Park)
Christo van den Heever - Lead kitaar en vocals
Dawie van den Heever - bass kitaar & backing vox
Paul van den Heever - Dromme
Mia: Waar kom julle naam vandaan?
Christo van den Heever: Ons het dit in die woordeboek gekry! Dit betekn om in te staan vir iets en is baie gepas, want ons is eintlik 'n cover band.
Mia: Hoe lank is julle al 'n groep?
Dawid van den Heever: Ons is broers en is nou al vir sowat twee jaar saam in die band.
Mia: Wat maak julle anders as die ander groepe wat hier is?
Paul van den Heever: Ons is drie. Ons is broers en ons het al drie tatoeëermerke wat ons ma vir ons geskenk gegee het.
Mia: Waarom het julle vir Rockspaaider ingeskryf en waarom moet julle wen?
Christo: Dis die tweede keer wat ons ingeskryf het en dit was lekker om soveel te kon verbeter. Ons gee ook goeie shows, is mooi en het hard gewerk.
Mia: Wat is julle musiekstyl?
Dawid: Ons bring iets van 'n outydse musiekstyl terug, iets van hard rock.
Mia: Wat weet niemand van jou nie?
Christo: Ons ma het vir ons elkeen se tatoe betaal toe ons fanpage op Facebook 1000 mense gehad het.
Dawid: Ek speel altyd Playstation.
Paul: Ek hou van klassieke musiek.
Goedkoop Sensasie
(Hoërskool Waterkloof)
Rigardt Dey - Ritmiese kitaar en vocals
Andine Louw - Keyboard
Megan van Wyk - Lead Vocals
Eckard de Goede - Lead kitaar
Tiaan de Jager - Drummer
Mia: Hoe lank is julle al 'n groep?
Tiaan de Jager: Ons is van Februarie dié jaar saam, maar ons het eers net by die kerk gespeel. Ons hoofdoel was eintlik Rockspaaider, maar ons speel ook Christelike musiek in die kerk , so ons het 'n baie goeie balans. Ons het al saam met vyf ander bands vir die Heuwels Fantasties geopen en daar R1000 verdien - dit was ons eerste groot gig.
Mia: Wat maak julle anders as die ander groepe wat hier is?
Andine Louw: Tiaan maak ons anders, hy's mal, ʼn goeie mal, al maak hy baie foute own hy op die ou einde die show! En ons liedjies is lewer sosiale kommentaar en is glad nie onvanpas nie.
Mia: Hoekom het julle ingeskryf vir Rockspaaider?
Rigardt Dey: Ons het ongelooflik baie potensiaal - ons kan gooi! Dis vrek lekker om deel te neem en 'n mens skep goeie herinneringe. Ons geniet dit baie om in Afrikaans musiek te maak - ons is baie trots daarop. Die hoendervleis-gevoel wat 'n mens op daai verhoog kry is regtig ongelooflik.
Mia: Hoe het dit gevoel om vanaand op te tree voor 'n gehoor en kameraspan?
Megan van Wyk: Dis onbeskryflik, die toerusting was ongelooflik en die blootstelling ook. Die atmosfeer was ook onbeskryflik, soos 'n droom.
Mia: Watter unieke bydrae gaan julle tot die plaaslike musiek bedryf bring?
Eckard de Goede: Die mondfluitjie en die soft rock-Afrikaans. Min bands kan so mooi harmoniseer en lekker saam sing.
3rd Speech
(HTS John Vorster, Afrikaans Hoër Meisieskool en Hoërskool Wonderboom)
Albert van Wyk - kitaar en vocals
Schalk van Wyk - drummer
Bernard Cloete - basskitaar
Sanri Mostert - vocals
Mia: Vertel my van julle naam.
Die naam kom uit die Bybel uit, uit Job 9. Dit het vir ons cool geklink en toe ons dit lees was dit net so gepas.
Mia: Wat maak julle anders as die ander groepe wat aan Rockspaaider deelneem?
Ons musiekstyl bring 'n baie verskillende genres byeen - ons is die verlore skakel in die musiekbedryf. Enige iemand, van 'n gr.6 tot 'n tannie, kan na ons musiek luister.
Mia: Beskryf julle klank in een sin?
Provocotive
Mia: Hoe het dit gevoel om op te tree voor 'n gehoor en kameraspan?
Dit was epic, crazy en 'n baie cool crowd wat die heeltyd "saamgewerk" het.
Mia: Vertel my van die band - hoe het julle ontstaan en hoe lank speel julle al saam?
Ons was eers 'n garage band en die afgelope tien maande speel ons by die kerk en het shows by ander kerke.
Mia: Watter mode-item laat julle uitstaan?
Ons almal dra All Stars en wit en swart klere. Ons hou daarvan om netjies en formeel te lyk.
Mia: Vertel my een ding jou wat niemand anders weet nie.
Bernard: Ek huil as ek Second Hand Serenade luister
Albert: Ek kap om as ek bloed sien.
Sanri: Ek hou niks van souse nie, al is my van Mostert!
Schalk: Ek het 'n groen Toy Story-figuurtjie vir my verjaarsdag gekry
Die Verandering
(Hoërskool Oos Moot & HTS John Vorster)
Marcel Dednam - Keybord & Vocals
Gerard Becker- drummer
Steven Lightfoot - Bass Guitar
Francois Meyer - Lead guitar
Megan Lightfoot - Vocals
Mia: Hoekom het julle ingeskryf vir Rockspaaider en waarom wil julle wen?
Megan Lightfoot: Ons het ingeskryf om ons band aan die publiek bekend te stel - dit is 'n baie goeie platform daarvoor én omdat dit regtig baie pret is. Ons wil wen, omdat ons musiek heel anders is en omdat ons baie dedicated is. Ons genre is uniek.
Mia: Beskryf julle klank in een sin
Francois Meyer: Divers!
Mia: Wat is dit wat julle juis so uniek maak?
Marcel Dednam: Die tegniese klavierspel en viool en ons male model baskitaarspeler.
Mia: Hoe het dit gevoel om voor 'n crowd, in 'n regte teater en voor kameras op te tree?
Steven Lightfoot: Dit het wow gevoel en was so baie pret!
Mia: Hoe gereeld oefen julle?
Megan: Ons probeer om weeklike oefen en werk baie hard om ver te kom!
Mia: Vertel my een ding van julle wat niemand anders weet nie.
Gerhard: Ek's bang vir die donker
Stepven: Ek is baie filosofies
Marsel: Ek het UNISA graad 8 klavier
Francois: Ek is in die akademiese top-10.
Megan: Ek hou van madeliefies.
Mia: Wie is julle musikale invloede?
Marcel: Fpk, Mozart en Jack Johnson.
Gerhard: Foto na Dans, ekhouvanjouokay?, All that Remains en Attack Attack!
Steven: Tool, A Perfect Circle, Rage against the Machine
Francois: A Perfect circle ,Muse,Radiohead,Celldweller