'n Nuwe studie het bevind dat om kinders pakslae te gee hulle meer aggressief en eiewys maak en dat hulle meer geneig is om vloermoere te gooi.
Mammas wat hul voorskoolse kinders pakgee kan glo uitsien na heelwat onaangename aggressiewe gedrag wanneer daardie kinders eers vyf word, lui die studie.
Die Tulane Universiteit se studie is in die vakkundige tydskrif, Pediatrics, gepubliseer.
Van die bevindinge sluit glo in dat kinders wat meer pak gekry het teen die ouderdom van drie as ander kinders meer aggressief was, vinnig gefrustreerd geword het, fisieke uitbarstings gehad het en vloermoere gegooi het.
'n Vorige studie aan die Duke Universiteit het bevind dat eenjarige babas wat pak gekry het laer kognitiewe vermoëns het teen die ouderdom van drie, volgens 'n artikel in Time.
Verskeie faktore is in die nuwe studie in ag geneem, waaronder stress, depressie, die ouers se gebruik van alkohol en/of dwelms en dies meer.
Lees meer hier.