www.jip.co.za

Oor wie skinder almal nou?

Wie het die afgelope week onder die skindertonge deurgeloop?

Brit se nuwe drama
Hier is vir jou 'n scary storie - Britney Spears se hooflyfwag het glo bedank en haar van seksuele teistering beskuldig.
Fernando Flores het blykbaar dié beskuldiging gemaak nadat Brit glo 'n paar keer kaal voor hom geloop het.
Nou ja, baie mans sal waarskynlik op en af spring en hande klap as sy kaalbas by húlle verby loop, maar dié knaap dink nie dis oulik nie en oorweeg dit glo om 'n klag teen haar in te dien.
Eina!

Mwah!
Julle het seker gehoor dat Sandra Bullock 'n Madonna op haarself getrek het en op die MTV-toekennings vir Scarlett Johansson gesoen het dat haar kop draai.
Nou kom die storie uit dat Sandy dinge spesiaal só gereël het dat sy vir Scarlett kon vastrek.
Scarlett moes aanvanklik 'n toekenning saam met Zac Efron oorhandig, maar toe Sandy hoor Scarlett is daar, het sy gereël dat sy dit oorhandig.
Die vuurwarm soen is glo vooraf beplan. Nou nie so impulsief soos ek sulke dinge verkies nie, maar ek is seker die gehoor het dit steeds waardeer.

Vrou van die jaar
Die sangeres Cheryl Cole het een vir die girls ge-score toe sy op die Glamour-toekennings as die vrou van die jaar aangewys is.
Sy is op die oomblik besig om van haar sokkerman, Ashley, te skei, en het glo die eerste keer alleen na so 'n geleentheid gegaan.
You go, girl.


Bronne: www.people.com en www.movies.ndtv.com.


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.