Sjoe, pres. Barack Obama is nie genooi na Chelsea Clinton, dogter van voormalige pres. Bill Clinton, se troue nie. Maar hy is oraait daarmee, want hy wil nie die kollig van haar steel nie.
Wanneer jy sowat R38 miljoen op ‘n troue spandeer wil jy hê niks moet op dié spesiale dag verkeerd loop nie.
En met vier dae voordat Chelsea Clinton (30) met Marc Mezvinsky (32) trou, is die voorbereidings amper voltooi.
Op lugfoto's kan daar duidelik gesien word hoe ‘n span werkers by ‘n herehuis in New Jersey seker maak alles is in plek.
Selfs besighede in die omgewing het al baniere opgehang om hul gelukwensings aan die gelukkige paartjie oor te dra.
Altesaam 500 gaste is na die troue genooi.
Gerugte doen die ronde dat Chelsea se rok sowat R184 000 gekos het wat deur Oscar de la Renta ontwerp is.