"My God is lief vir gays!" was Kelly Osbourne se boodskap vir homofobiese mense wat die 40ste Los Angeles Gay Pride Parade in Hollywood in die wiele probeer ry het.
Kelly, die dogter van die wilde rocker, Ozzy Osbourne, en sy vrou, Sharon, is 'n aktivis vir gay-regte. Sy en ma, Sharon, het erg deurgeloop nadat homofobe die parade in die wiele probeer ry het.
Die homofobe het volgens die Daily Mail walglike beledigings vir Sharon en Kelly geskree, waarop Sharon eerste gereageer het deur te sĂȘ hulle moet hulself skaam.
Kelly het ook nie teruggehou nie en die mikrofoon gegryp en geskree: "My God is lief vir gays!" Hierna het almal dit begin skree.
Sien ook:
"Ek's anders": Gay-tiener-wees