www.jip.co.za

Meerderheid van ouers is pro-lyfstraf - studie

Die meerderheid van volwassenes glo om 'n kind te klap, nie skade rig nie.

Die bevinding is gemaak in 'n studie wat deur 'n kinderwelsynorganisasie gemaak is. Onder die bevindinge was dat jare se veldtogte om lyfstraf te verban, nie aanklank by ouers gevind het nie. Ouers bekommer hulle baie meer oor ander gevare waaraan hul kinders blootgestel word.


Minder as een in sewe volwassenes dink dat om 'n kind te klap 'n gevaar aan hul welsyn stel, lui die bevindinge.


Die Children's Society, wat die studie gelei het, was baie teleurgesteld in die bevindinge en het weereens verklaar dat kinders eerder van fisieke geweld beskerm moet word. – Daily Mail


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.