Sjoe maar die belangstelling in ons matriekafskeidkompetisie is groot!
Aangesien JIP so baie inskrywings en goeie motiverings ontvang het, het ons besluit om eerder 20 finaliste in plaas van 10 finaliste aan te wys.
Die top-10 sal almal pryse ontvang.
Maandag 17 Mei sal ons die top-20 aankondig en Maandag 7 Junie sal die wenners, asook die skool wat die meeste gestem het in JIP aangekondig word.
Hoe het ons die top-20 gekies?
Die tien inskrywings (5 ouens en 5 meisies) met die meeste stemme kwalifiseer outomaties as een van die twintig finaliste . Die oorblywende 10 finaliste sal deur ‘n paneel beoordelaars op grond van hul motivering wat saam met die inskrywing ingestuur is, gekies word.
Hoe word die top-10 gekies?
Julle stem vir hulle natuurlik. Van 17 Mei af kan jy vir jou gunsteling kandidaat stem.
Hoe om te SMS:
SMS "JIP" + " die kandidaat se unieke kode" + "die kandidaat se skool" na 37932.
Slegs EEN SMS per selfoonnommer per kandidaat per dag. Met ander woorde jy kan vir 4 verskillende kandidate stem maar net een keer vir elkeen op ‘n dag. Môre kan jy weer vir hulle stem. Let wel SMS'e kos R2.
SMS'e word elke uur opgedateer, so as dit nie dadelik op die skerm wys nie, wees gerus jou stem is getel.
Web:
Daar word ook slegs EEN stem daagliks per kandidaat vanaf ‘n spesifieke rekenaar toegelaat. Kliek HIER om vir jou gunsteling kandidaat te stem.
Wat kry jy as jy stem?
*Een gelukkig stemmer kry ‘n iPod en docking station.
*JIP sal een van sy van sy paparazzi-fotograwe na die skool met die meeste stemme, se matriekafskeid stuur. Dit hoef nie noodwendig een van die top-20-kandidate se skole te wees nie. Die fotograaf sal klomp kiekies van die wen-skool se matriekafskeid neem en dit in JIP asook op die webblad publiseer.
*Elke persoon wat stem of aan die kompetisie deelneem kom in aanmerking vir ‘n 10%-afslagbewys by Bride & co en Eurosuit.
Om jou 10%-afslagbewys te eis kliek op die kompetisieblad se afslagbewysskakel of op die die Eurosuit/B&C Dance mobisites.
o 10% afslagbewys op enige B&C Dance-rok:
- Wys die SMS in ‘n Bride & co-winkel om jou 10%afslagbewys te gebruik. Besoek www.bandcdance.co.za om te sien waar jou naaste tak is.
Terme en voorwaardes:
- Hierdie afslagbewys kan slegs op die Oscar Vittoni- B&C Dance Collection en VC Collection-reeks wat deel van die B&C Dance-dress range is, bebruik word.
- Hierdie afslagbewys is nie kontantomruilbaar nie en kan nie tydens ‘n uitverkoping in een van die winkels gebruik word nie.
- Slegs een afslagbewys kan per item of tydens ‘n transaksie gebruik word.
- Geldig tot 1 Desember 2010. Ander terme en voorwaardes mag geld.
o 10%-afslagbewys op enige huurpak van Eurosuit:
- Wys die 10%-afslagbewys by die winkel om dit te gebruik. www.eurosuit.co.za om te sien waar jou naaste tak is.
Terme en voorwaardes:
- Hierdie 10%-afslagbewys kan slegs op items wat by Eurosuit gehuur word, gebruik word.
- Hierdie afslagbewys is nie kontantomruilbaar nie en kan nie tydens ‘n uitverkoping in een van die winkels gebruik word nie.
- Slegs een afslagbewys kan per item of tydens ‘n transaksie gebruik word.
- Geldig tot 1 Desember 2010. Ander terme en voorwaardes mag geld.
Wat kry die 2 algehele wenners en hoe word hulle gekies?
Hoe word hulle gekies?
Die ou en die meisie wat die meeste stemme vanaf 17 Mei tot 2 Junie kry, sal as die 2 algehele wenners aangewys word.
Wat wen hulle?
Die gelukkige meisie sal 'n matriekafskeidrok uit Bride & Co se B&C Dance-reeks, 'n iPod en docking station, grimering van Model Co en bykomstighede, wat skoene en 'n handsak insluit, wen - alles ter waarde van R10 000.
Haar metgesel sal ook met 'n prys van R5 000 bederf word. Die prys sluit in 'n huurpak van Eurosuit en 'n iPod en docking station.
Die gelukkige ou wat wen, ontvang ook 'n prys ter waarde van R5 000. Dit sluit in die huur van 'n pak by Eurosuit, asook 'n iPod en docking station.
Sy metgesel wen ook 'n matriekafskeid¬rok uit Bride & Co se B&C Dance-reeks, 'n iPod, docking station, grimering van Model Co en bykomstighede, wat skoene en 'n handsak insluit, alles ter waarde van R10 000.
8 Finaliste uit die top-20 wen ook
Te danke aan ons borge is daar besluit dat ‘n verdere 8 ander finaliste uit die top-20-groep ook met pryse sal wegloop.
Hoe word hulle gekies?
Die 4 ouens en 4 meisies met die meeste stemme, naas die algehele wenners, sal geskenkpakke ter waarde van R1500 ontvang. Dus, as jy nie met die hoofprys wegstap nie staan jy steeds ‘n kans om een van vier R1500 geskenkpak te wen.
Wat wen hulle?
Meisies: ‘n Bride & co-geskenkpak ter waarde van R1500.
Ouens: ‘n Eurosuit-geskenkpak ter waarde van R1500.
Pryse is nie omruilbaar vir kontant nie.
Onthou:
As jy vir hierdie kompetisie inskryf en stem, het JIP die reg om jou selfoonnommer vir bemarkingsdoeleindes te gebruik. Alle SMS'e kos R2.