www.jip.co.za

Marlow tops in tennis

Die OP-skoletennisspan wat aan die SA Hoërskole-toernooi gaan deelneem, is pas bekend gemaak. 'n Groot eer het Marlow te beurt geval met drie van die ses spelers in die o.15-groep wat Marlow-leerlinge is.

Gerrit Snyman is as die nr. 2-speler, Peet Schoeman as die nr. 5-speler en Heini Brümm as die nr. 6-speler gekies.

Hierdie spelers gaan vanaf 26 tot 31 Maart aan die SA Hoërskole-toernooi in Pretoria deelneem. 

Marlow het ook onlangs teen Adelaide meegeding en slaag maklik daarin om Adelaide 9-0 te klop. Die wedstryde het in ‘n goeie gees plaasgevind en al die spelers het dit baie geniet.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.