www.jip.co.za

Lee DeWyze wen American Idol 9!

Hy was eers 'n verwer, maar nou is hy die nuutste American Idol! Lee DeWyze het in 'n verassende resultaat die gunsteling om te wen, Crystal Bowersox, die stof laat byt.

Ten spyte daarvan dat Lee se laaste vertoning hakerig was en die Idol beoordelaars gedink het Bowersox gaan wen, het Amerikaners anders gestem.

Die twee uur lange finaal het optredes deur Christina Aguilera, Janet Jackson en Joe Cocker ingesluit.

Bowersox het glo gesê dat sy geweet het Lee gaan wen, berig Reuters. Volgens haar is sy ongelooflik bly vir hom en sien sy uit daarna om vir 'n baie lang tyd vriende te wees.


Ander kunstenaars het ook opgetree, waaronder Barry en Robin Gibb van die Bee Gees, Alanis Morisette en Bret Michaels van Poison.

Dit was ook die gevreesde beoordelaar Simon Cowell se laaste keer op American Idol, wat volgens die program se aanbieder, Ryan Seacrest, die einde van 'n era inlui.

En in 'n skok-wending het voormalige Idol-beoordelaar Paula Abdul teruggekeer om vir Simon baai te sê. Die twee het altyd lekker baklei op die program.


 


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.