www.jip.co.za

Kristen Stewart wil Angie se rol hê

Kristen Stewart wil Angelina Jolie se rol in Wanted in 'n opvolgfliek vertolk.

Daar is reeds 'n geruime tyd gerugte dat Stewart vir Jolie se rol in Wanted 2 oorweeg word. Volgens teenhollywood.com het sy glo gesê sy sal definitief die rol aanvaar solank as wat die fliek so goed soos sy voorganger is. Sy is glo 'n groot aanhanger van James McAvoy, wat die manlike hoofrol vertolk het.

Jolie het vroeër gesê sy sal nie vir die opvolg terugkeer nie.

Sien ook:
Kristen Stewart steel kollig van Angelina Jolie



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.