Kristen Stewart van Twilight-faam is die nuwe gunsteling om Angelina Jolie te vervang in die fliek Wanted 2.
Na bewering is Kristen gevra om Angelina te vervang as die vrou-hoofrol en het glo al met die regisseur, Timur Bekmambetov, ontmoet.
Volgens Tonight wil Timur glo hê Kristen moet 'n nuwe jong slypmoordenaar speel teenoor James McAvoy wat in die eerste rolprent gespeel het.
Hoewel Angelina se karakter, Fox, in die vorige fliek dood is, is al vroeër te kenne gegee dat Fox weer in die opvolgprent sal wees. Angelina het egter glo haarself van die projek gedistansieër, wat natuurlik die pad gebaan het vir Kristen.