Die konstitusionele hof gaan heel waarskynlik bevind dat kinderregte die reg om pornografie te kyk, troef.
Dit volgens die prokureur John Smyth QC.
Smyth, die voorsitter van die justisie alliansie van SA (Jasa), is verantwoordelik vir 'n voorlopige wetsontwerp aangaande die verbanning van internet pornografie, soos aangevra deur adj.min. Malusi Gigaba.
Smyth het tydens 'n toespraak by die Films and Publications Board-simposium in Kaapstad oor wat gedoen moet word om kinders van pornografie te beskerm, gesê hoewel vryheid van spraak en uitdrukking baie belangrik is, kinderregte ook beskerm moet word.
Volgens hom dui vorige hofbeslissing daarop dat die hof waarskynlik sal besluit dat kinderregte belangriker is as die reg om pornografie te kyk. Die argument is reeds vroeër gemaak dat omdat ouers nie heeltyd weet wat hul kinders op hul selfone en rekenaars doen nie, die regering moet intree.
Wat dink jy?
Sien ook:
Is jy kuber-kwesbaar?
Pornografie of nie?
Derde van kinders het al pornografie teen 10 gesien - studie