Tiener-sensasie Justin Bieber het 'n nuwe rol losgeslaan: Om puisies te beveg.
Bieber, 16, is as die gesig van die nuwe aknee-middel, Proactiv, aangewys. Ander sterre wat al hul tevredenheid met die produk uitgespreek het, sluit in: Katy Perry, Sean Combs, Avril Lavigne, en Jennifer Love Hewitt.
"My fans weet klaar ek is net 'n gewone kind...ek weet as 'n tiener jy wil nie aknee op jou gesig hê nie," het die Kanadese sanger gesê.
Sien ook:
Justin Bieber gaan homself in 3D-rolprent speel