Hy het dalk die gesig van 'n engel, maar Justin Bieber is eintlik alles behalwe.
Die Kanadese sanger het wraak geneem op 'n aanlynvyand deur sy foonnommer op Twitter te sit, met die gevolg dat die outjie se selfoon bos gegaan het. Bieber het die boodskap aan sy sowat 4,5 miljoen volgelinge gestuur en dit laat klink asof hulle met hom (Bieber) sou kon gesels.
Kevin Kristopik was egter glad nie gelukkig hieroor nie en het Bieber goed sleggesê op Twitter voordat hy dit oënskynlik afgevee het.
Sien ook:
Justin Bieber se puisie-stryd