www.jip.co.za

Jozi-klankbaan is reg vir lekker dans

Al het jy dalk, soos ek, nog nie die grootskerm-komedie Jozi gesien nie, kan jy steeds met 'n geruste hart - en beursie - die klankbaan in die hande kry.

Lekker local klanke van groepe soos aKING, Desmond and the Tutus, Gang of Instrumentals, The Black Hotels en die RKO is te hoor in 'n heerlike mengsel.

'n Faktor wat van die klankbaan 'n lekkerluister-ervaring maak, is dat dit bekende snitte insluit, maar tog nie voel soos 'n album waarna jy al honderd keer vantevore in ander baadjies geluister het nie.
Snitte wat uitstaan, is "Know Your Bones" (aKING), "Woza December" en "Oh Yeah" (albei deur Gang of Instrumentals).

En nou is dit tyd om na daardie fliek te gaan kyk.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.