Wat op aarde? Jessica Simpson dalk Simon Cowell se plaasvervanger op American Idol?
Volgens TMZ is Jessica op die kortlys om 'n nuwe beoordelaar op American Idol in die plek van Simon Cowell te wees.
Jessica stel glo baie belang. Na verneem word sal die nuwe beoordelaar in September aangewys word. Sedert Cowell se onttrekking van die program is talle bekendes al oorweeg vir sy posisie, waaronder Justin Timberlake, Bret Michaels en Elton John.