www.jip.co.za

Interessanthede op dié websites

Monopoly City Streets
Ek kan nie glo iemand het nie lank­al hieraan gedink nie!
In Monopoly City Streets, 'n virtuele speletjie, kry jy die kans om "regte" eiendom wêreldwyd te koop.
Daar speel ook duisende ander mense. Jou doel is dus om die meeste strate en geboue te besit.
Daar is 'n telbord, sodat jy kan sien hoe jy met die res van die spelers vergelyk.
Adres: www.monopolycitystreets.­com



Miniclip
'n Mens is nie noodwendig altyd lus om iets spesifieks op die internet te doen nie.
Dis waar Miniclip goed te pas kom. Hier is hope gratis speletjies om jou ure lank besig te hou.
Adres: www.miniclip.com



Bembo's Zoo
Hierdie is regtig 'n random webtuiste - dit is basies prentjies van verskillende diere.
Wat dit spesiaal maak, is dat die diere nie geteken is nie, maar gemaak is uit letters van die alfabet!
As dit vir jou weird klink, gaan kyk wat ek bedoel.
Adres: www.bemboszoo.com



Counter Measures
Die internet kan maar 'n gevaarlike plek wees, met allerhande virusse en skelms wat om elke hoek en draai wag.
Op Counter Measures kan jy meer lees oor hoe om jou te beskerm, asook wat die nuutste scams en slaggate is.
Adres: www.countermeasures.­trendmicro.eu



Sparknotes
As dit by eksamens kom, het ons almal 'n bietjie hulp nodig. Op Sparknotes kan jy notas en bykomende leerstof kry oor amper enige onderwerp onder die son.
Adres: http://www.sparknotes.com



Wild Mood Swings
Die internet is so 'n groot plek, en daar is so baie sites om te surf, 'n mens weet nie altyd waar om te begin nie!
Op Wild Mood Swings kan jy vir die site sê presies in watter bui jy is.
Hy gebruik hierdie inligting dan om jou na die perfekte webtuiste toe te lei.
Adres: www.wildmoodswings.co.uk


What's a Byte?
Megabytes, terabytes, gi­ga­bytes . . . huh? As jy so dom soos ek met rekenaars is, dan is What's a Byte net die regte ding vir jou. Op hierdie webwerf sal jy die definisies van bogenoemde terme, asook baie ander rekenaarwoorde, kan opsoek.
Adres: www.whatsabyte.com


My Brute
Nie almal van ons is groot en sterk gebou nie, en op skool kan dit nogal teen 'n mens tel - veral as jy die teiken van 'n boelie word.
Alhoewel ek jou nie hiermee kan help nie, kan ek darem vir jou sê hoe om 'n animasiekarakter te skep wat stewig en kragtig gebou is.
Gaan maak net 'n draai op My Brute!
Adres: www.mybrute.com



gURL
Om 'n tiener te wees, is nie die maklikste ding ter wêreld nie, maar met sites soos gURL is daar darem hoop.
Daar is baie nice artikels, forums en wenke om hierdie moeilike tydperk in jou lewe te oorleef.
Adres: www.gurl.com



Monkey Jam
Nog 'n rekenaar-site vir mense wat belangstel in hoe masjiene nou eintlik werk.
Die fokus is spesifiek op animasie, en hier kan jy 'n program aflaai waarop jy allerhande cartoons kan maak.
Dis perfek vir mense wat grafiese ontwerpers wil word.
Adres: www.giantscreamingrobotmonkeys.com/monkeyjam



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.