www.jip.co.za

In die land van melk en heuning

Album: Milk & Honies EP

Just Jinjer is terug met 'n splinternuwe EP! En as jy nie meer kon wag vir klanke van die ouens nie, wel, die nuwe tunes was die wag werd.

Die vibe is heerlik en wissel tussen chill vibes en heerlike rock.

Van die heerlike titelsnit tot die gatskop Mr Morgan en die akoestiese weergawe van What He Means is die album 'n bewys dat Just Jinjer terug is met mening.

Jip, dit klink nog soos Just Jinjer, maar daar is ook vooruitgang wat wys die band en hul span het buite die boks gedink vir die nuwe klanke.

En ons sien uit na die volgende een . . .



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.