'n Oorstelpte me. Joyce Manyonga het haar wêreldkampioen-seun, Luvo (18), met sy aankoms op die Kaapstad Internasionale Lughawe omhels.
Luvo, 'n leerder aan die Hoërskool Desmond Tutu in die Paarl, het 'n goue medalje in verspring by die Wêreld-atletiekbyeenkoms vir juniors in Kanada gewen.
Sowat 100 mense, onder wie emosionele familielede, het hom gister verwelkom. Sy volgende groot byeenkoms is die Statebondspele in Oktober in Indië.