Die ster van die gewilde televisiereeks, 'Glee', Lea Michele, sê sy sal nooit plankdun kan wees nie, want sy hou van eet!
Michele vertel in die Oktober-uitgawe van Glamour dat sy nie bereid is om haar gesondheid op te offer om 'n super-maer Hollywood-lyfie te hê nie. Sy hou glo daarvan om gesond te wees. "Ek slaap baie. Ek is die meisie wat eet. En ek voel pragtig maak nie saak hoe ek lyk nie." Volgens haar is dit alles te danke aan haar familie.
En deel van haar familie is haar kollegas by Glee. Sy het vertel dat hulle soos familie is en dat sy nie weet wat sy sonder hulle sou gedoen het nie. – New York Daily News