www.jip.co.za

Evermore verewig

Album: Evermore

Evermore is 'n Nieu-Seelandse rock-band. As jy nog nie met dié band kennis gemaak het nie, is dié album propvol heerlike rockklanke 'n goeie begin.

Evermore is reeds die groep se vierde album en dit bevat nuwe songs sowel as songs van hul vorige drie albums.

Dis glad nie sleg nie - "This Is Love" is die album se uitstaansnit en "Hey Boys And Girls" en "Underground" is beslis ook groot gunstelinge. Jy sal ook dadelik "It's Too Late (Ride On)" herken as die intro begin.

Hierdie album het 'n indie vibe. As jy van bands soos Arctic Monkeys en Jet hou, kan jy gerus na dié band luister.

Lees hier vir meer oor die band.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.