www.jip.co.za

Een in vyf tieners het geestesversteuring

Sowat een in elke vyf tieners ly aan 'n geestesversteuring.

Dit is die skok-bevinding wat onlangs in een van die grootste Amerikaanse deelstate gemaak is. Boonop is daardie getal bloot besig om te groei en groei. In Utah alleen is daar sowat 46 000 tieners wat met 'n geestelike siekte saamleef, berig ABC News. Dit sluit onder meer depressie in. Dit het tydens 'n konferensie, "Explosion of Youth Problems- crisis and solutions," aan die lig gekom.


Volgens 'n regeringsamptenaar is deel van die probleem die stigma wat rondom geestelike siektes bestaan wat veroorsaak dat bittermin mense openlik daaroor gesels. Die prokureur-generaal van Utah, Mark Shurtleff, meen families kan nie self die las dra van 'n kind met byvoorbeeld depressie nie en moet die gemeenskap hulp verleen.


Hy het klem gelê daarop dat daar wel hulp beskikbaar is en tieners net na die hulp moet uitreik. Volgens hom verkeer tieners egter tans in 'n krisis.


Statistiek dui ook glo aan dat die gemiddelde tiener op 12-jarige ouderdom vir die eerste keer alkohol inneem.


 


 


 


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.