Album: Some mad hope
Nadat dit reeds in 2007 uitgereik is, is Matt Nathanson se Some mad hope nou ook Suid-Afrikaanse gehore beskore.
En moenie vir een oomblik dink die songs klink "oud" nie. Dié man se musiek is so gewild dat dit al in verskeie TV-programme gebruik is: van Vampire Diaries en Private Practice tot Scrubs .
Vra jy dalk Matt wie? Wel, Some mad hope is sy sesde studio-album en die man maak rockmusiek wat 'n mens dalk kan vergelyk met dié van Matchbox20, net bietjie ligter. Maar dis waar die ooreenkomste eindig.
Die songs op die album is regtig elkeen 'n treffer in eie reg. Van "Come get higher", "To the beat of our noisy hearts" tot "All we are", alles is great.
Luister beslis 'n bietjie hierna.
Kliek hier vir meer inligting.