www.jip.co.za

Double cheeseburger en Diet Coke

Ek sit ander dag daar by my ouma. Ek drink koffie en eet hande vol koekies.

"My kind, ek kry nou toevallig hierdie Shape-tydskrif in my inkopiesakkie en toevallig lê dit oop op bladsy 69 en toevallig is daar so 'n dieët..."

"Ouma," sê ek toe, "ek is nie vet nie, my geraamte sit net 'n bietjie diep."

Hierdie ding van nommer 22 jeans dra en 'n XXS toppie is nou vir my 'n bietjie erg. Soos my ander vriendin anderdag sê: "Jislaak Marietjie, ek sal drasties iets moet doen!"

"Ag nee, " sê ek, "het jou ma gesien van die..."

"Nee," onderbreek sy my. "Ek het dik geraak, ek pas skaars in my 26 jeans, ek moes vir my 'n 28 koop gister!"

"O nee! Net nie dit nie, kom ons bel dadelik die president, die hofsaak sal moet wag, jou krisis is so veel erger," skree ek in 'n sarkastise stem.

If looks could kill...


Wat is nou fout met 1 of 2 kilo's, ek bedoel dit is nou nie asof jy die nuwe Heidi Klum gaan word nie. So aan al die meisies wat dink julle is "dik": Real girls are not perfect and perfect girls are not real.


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.