www.jip.co.za

Dis die jaar van die robot by die 30ste "Razzies"

Soos die Oscars die beste in die rolprentbedryf vereer, skeer die Golden Raspberry-toekennings, of die "Razzies", weer die gek met akteurs en rolprente wat niks anders doen as om hul naam gat op die grootskerm te maak nie.

Die benoemings vir die 30ste "Razzies" is pas bekendgemaak en daar is dalk 'n hele paar snaakse verrassings wat wag!

Onder die wat deurloop, tel Miley Cyrus as Slegste Aktrise vir haar rol in Hannah Montana: The Movie, asook die Jonas-broers vir die Slegste Paartjie!

Robotte domineer die benoemings in die Slegste Rolprent-kategorie met Transformer: Revenge of the Fallen en Land of the Lost wat gunstelinge is om die toekenning te wen.

Hierdie jaar is daar ook spesiale kategorieƫ om die slegste van die slegste van die afgelope dekade te vier, waaronder die slegste rolprent van die afgelope tien jaar en slegste akteur en aktrise van die dekade.

Lees die volledige lys benoemings hier.

Die toekenningsgeleentheid vind op 6 Maart plaas - die aand voor die Oscars.



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.