www.jip.co.za

Dagga lei nie tot gebruik van 'harde' dwelms

Daar is heelwat mense wat met die bogenoemde stelling sal verskil, maar 'n nuwe studie het bevind dat daar eintlik geen bewyse is dat daggagebruik lei tot die gebruik van ander, 'harde' dwelms nie.


Navorsers aan die University of New Hampshire sê dat die "gateway-effek" van dagga – dat tieners wat dagga gebruik waarskynlik later harder dwelms soos kokaïene en heroïene sal gebruik – erg uit proporsie uit geruk is.


Of tieners wat dagga gebruik later ander dwelms as jong volwassenes gaan gebruik het meer te make met lewensfaktore soos of hulle 'n werk het, of hulle stres ervaar en of hul emosionele probleme het, dui die navorsing. "Ras blyk eerder een van die belangrikste en toonaangewendste invloede te wees of iemand ander dwelms sal gebruik, nie dagga nie," lui 'n deel van die studie, soos gepubliseer in die September-uitgawe van die Journal of Health and Social Behavior in die artikel, "A Life-course Perspective on the 'Gateway Hypothesis.' "


Die navorsers het onder meer ook bevind dat jong volwassenes wat nie hoërskool voltooi het nie en nie universiteit bygewoon het nie, meer waarskynlik is om dagga as 'n tiener te gebruik het en ander middels later. Daarmee saam was diegene wat dagga as tieners gebruik het en na hoërskool werkloos was, meer waarskynlik om ander dwelms later te gebruik. – CBS News, EurekAlert!


Sien ook:
Tieners en dwelms: Is jy aan die "hoek?"
Tieners, dwelms en drank
Dwelms, dwelms, dwelms


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.