www.jip.co.za

Crystal toe dubbelle verloorder

Crystal Bowersox het nie net American Idol verloor nie, maar ook haar kêrel – op die oggend van die finaal!


Net 'n maand gelede het Bowersox Shania Twain se liedjie "No-One Needs to Know" op die program aan hom opgedra.


Gisteroggend het Bowersox op Ryan Seacrest se radioprogram vertel dat Tony nie van haar nuwe beroemde lewenstyl gehou het nie.

Sy wil egter graag dit groot maak in die musiekwêreld en dit het gewys tydens haar optrede in die finaal, berig Reuters. Kritici van die program meen sy moes eerder gewen het omdat sy konsekwente, uitstekende optredes gelewer het.


Maar, as Crystal ook so voel steek sy dit goed weg. Sy hou vol sy het geweet Lee DeWyze gaan wen en is ongelooflik gelukkig vir hom.

Sien ook:
Dis Crystal vs Lee in Idol-finaal
Lee DeWyze wen American Idol 9!


 



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.