www.jip.co.za

‘Cool’ Suid-Afrikaanse musiek net die regte ding vir enige Kerskous

THIEVE van THIEVE
"Nothing is original. Steal from anywhere that resonates with inspiration or fuels your imagination."
Uiteindelik 'n band wat nie skaam is oor die feit dat hulle deur ander musikante beïnvloed word nie.
Bravo, Thieve!
Beste Snit: "Last Day December"
www.myspace.com/thieve



BASS GENERATION van BASS­HUNTER
Vandat ek "DotA" en "Anabot" vir die eerste keer gehoor het, was ek 'n aanhanger van Bass­hunter. Sy unieke beats en eenvoudige lirieke verseker dat hy duisende fans het.
Beste Snit: "Every Morning"
www.myspace.com/basshunterdance



OUT OF ASHES van DEAD BY SUNRISE
Dead by Sunrise is die nuwe band van Chester Bennington. Hoekom klink die naam so bekend?
Wel, hy is ook die hoofsanger van Linkin Park! Hierdie musiek is nie vreeslik verskillend nie, so as jy 'n fan van Linkin Park is, sal jy hiervan ook hou.
Beste Snit: "Crawl Back In"
www.myspace.com/deadbysunrise



SHE WOLF van SHAKIRA
Hoeveel joga moes Shakira doen om al daai moves in die musiekvideo vir "She Wolf" te kon uithaal? Ek vergaap my nou nog daaraan! En huil soos 'n wolf saam met haar!
Beste Snit: "She Wolf"
www.myspace.com/shakira



BRAND NEW EYES van PARAMORE
Paramore het die wêreld onkant betrap - nie baie mense het gedink dié oulike rooikop en haar groep gaan lank hou nie.
Nie net het hulle almal verkeerd bewys nie, maar hulle het nog beter geraak. Van hul musiek is ook op die Twilight-klankbaan.
Beste Snit: "Ignorance"
www.myspace.com/paramore



DRAW THE LINE van DAVID GRAY
David Gray sal nooit weer 'n liedjie soos "Babylon" kan skryf nie, en dis jammer, want baie mense kyk verby die feit dat hy 'n uitstekende musikant is. Al sy ander albums is briljant, en Draw the Line is geen uitsondering nie.
Beste Snit: "Fugitive"
www.myspace.com/davidgray



GREATEST HITS van FOO FIGHTERS
Jy het dit seker al gehoor, maar die hoofsanger van Foo Fighters was eens op 'n tyd die dromspeler van Nirvana. Dalk was jy nog nie gebore toe Kurt Cobain oorlede is nie, maar ek dink hy sou trots op Foo Fighters gewees het.
Beste Snit: "Wheels"
www.myspace.com/foofighters



ECHO van LEONA LEWIS
Baie mense het op haar neergesien toe sy X-Factor gewen het, en het gedink sy gaan misluk omdat dit 'n televisierealiteitsreeks was. Maar ek dink, net soos Paramore, het sy almal verkeerd bewys en in die proses baie harte gesteel.
Beste Snit: "Happy"
www.myspace.com/leonalewis



BLINDFOLD van CHANGING FACE
Changing Face is 'n plaaslike groep wat melodiese rockmusiek maak - check hulle 'n bie­tjie uit! Hul musiek doen baie goed op kampusradiostasies.
Beste Snit: "Everything Changes"
Myspace: Nie Beskikbaar.



SOUTH AFRICAN INDIE VOL. 1 van VERSKEIE KUNSTENAARS
As jy gewonder het watter Kersgeskenk om my te gee, is hierdie die antwoord! Daar is soveel goeie kunstenaars hierop dat dit moeilik is om te kies watter een my gunsteling is. Ashtray Electric, Van Coke Kartel, Jack Parow, Jax Panik en Desmond & The Tutus. Wow!
Beste Snit: "Cooler As Ekke" van Jack Parow
Luister hier



www.jip.co.za © Copyright 2009 - All rights reserved.